‘n Hoofweg in Florida in die VSA is Woensdag gesluit nadat duisende bierblikkies die pad blokkeer het na ‘n ongeluk tussen vyf trokke.
Die hele hoofweg is gesluit na ‘n trok wat bier vervoer het in ander trokke, wat ná ‘n ongeluk langs die pad gestaan het, vasgery het. Twee trokke het in mekaar vasgery en nog twee trokke en ‘n insleepvoertuig het gestop om hulle te help. Die trok met die bier kon nie betyds stop nie en het in die ander voertuie vasgery.
Daar was glo soveel bierbokse en bierblikkies dat mens nie eens die pad kon sien nie.
Slegs ligte beserings is aangemeld.
Bronne: BBC, ABC News
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



