Mark Zuckerberg het omtrent $71 biljoen verloor die jaar en is nou slegs die 20ste rykste man in die wêreld.
Volgens Bloomberg was Zuckerberg (38) in September 2021 $142 biljoen werd, maar Dinsdag was hy slegs $56 biljoen werd.
Zuckerberg het sy geld begin verloor nadat hy Meta in Oktober 2021 geloods het.
In Februarie het Meta verklaar daar was geen groei in maandelikse Facebook-gebruikers nie. Dit het ‘n ineenstorting in die aandeleprys veroorsaak en Zuckerberg het op een dag $31 biljoen verloor.
Meta vaar swakker as sy eweknieë, het Bloomberg berig – 57 persent af vanjaar, teenoor 14 persent vir Apple, 26 persent vir Amazon en 29 persent vir Google se moedermaatskappy Alphabet.
Byna al Zuckerberg se rykdom is vasgebind in Meta-aandele.
Hy hou meer as 350 miljoen aandele, volgens die maatskappy se jongste volmagverklaring.
Bronne: Daily Mail, National Turk
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Man wat getakel is toe hy aan koningin Elizabeth se kis vat ‘wou kyk of sy nog lewe’



