Gebraaide aartappelfrikkadelle

Deel hierdie storie / Share this story

As jy mal is oor gebraaide aartappels en frikkadelle, is hierdie aartappelfrikkadelle perfek vir jou.

Bestanddele:

3 groot aartappels, gekook en fyngedryk      
2 eiers                                                               
halwe ui fyngekap                                                     
1 e botter of margarien                                     
1 blikkie boeliebief fyngedruk                                         
10 ml Aromat                        
meelblom en broodkrummels

Metode:

Meng die aartappel, ui, een geklitste eier, botter, boeliebief en speserye saam.
Vorm plat frikkadelle. Strooi bietjie meelblom oor, doop in geklitste eier en dan in krummels.
Braai in warm olie tot alkante bruin

Bron: Flippen Lekka Spice
Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK