Video’s: Kleuter-‘influencer’ van SA se boodskap deur Amerikaanse aktrise Viola Davis gedeel

Deel hierdie storie / Share this story

Sassy Taylor Morrison (soos wat sy bekendstaan), ‘n plaaslike smaakmaker (influencer) met meer as 270 000 volgers op sosiale media, maak opslae.

Sassy Taylor Morrison was gewild in haar ma se videoplasings toe sy deur haar “terrible-two’s” stadium gegaan het, maar nou maak sy haar eie video’s oor daaglikse gebeurlikhede. Haar meer onlangse video’s is op “haters” en Eskom gemik.

Die video oor “haters” is deur Viola Davis, Amerikaanse aktrise en vervaardiger gedeel met die opskrif “She said what she said.”

In die betrokke video sê Taylor beslis: “Vir al die haters. As jy iemand se plasing sien, en jy hou nie daarvan nie, asseblief man, moenie jou negatiwiteit daarin plaas nie. Blaai verby. Hulle wil nie nog met jou nonsens deel nie.”

Taylor is reeds in die laerskool, maar skeep nie haar volgelinge af nie.

Hier is die video aan Eskom wat vroeër gedeel is:

“6 Fases, jy moet ‘n grap met my maak.”

“Hulle doen dit aspris, die dae wat dit koud is sit hulle die krag af, en die dae wat warm is, sit hulle die krag aan.”

“Ek verstaan dit is jou werk, jy moet ‘n werk hê natuurlik, maar jy moet ons nie ook laat swaarkry nie, jy is veronderstel om ons ook te help en dit nie vir ons ook erger te maak nie.”

Natuurlik is die Durban smaakmaker gepas TFG Kids Magazine se ambassadeur.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel