Manuel Escorcio ernstig siek in die hospitaal

Deel hierdie storie / Share this story

Manuel Escorcio, bekende tenoor, is Maandag in die hoësorgeenheid van ‘n hospitaal in Pretoria opgeneem. Sy bestuurder, Thea Marx, het vandag om 12:00 in ‘n verklaring gesê hy lyk elke dag beter.

“Hy is besig om sy kragte terug te kry. Dit is bekend dat Manuel diabetes het en hy ontvang al die nodige behandeling.”

Die Suid-Afrikaanse Legendesmuseum het op hul Facebook-blad bekendgemaak Manuel Escorcio se nierfunksie was Maandag slegs 14% was.

Manie Jackson het gister ‘n plasing gemaak waarin hy sê hy het ‘n stemboodskap van Escorcio ontvang en dat hy baie positief is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel