Queen Minaj se halfkaal agterstewe bring Tzaneen tot stilstand

Deel hierdie storie / Share this story

Waarskuwing: eksplisiete inhoud met foto’s aan die einde van die berig.

Queen Minaj (20), wat duidelik nie lief is daarvoor om haar klere behoorlik aan te trek nie, het die klein dorpie Tzaneen in Limpopo tot stilstand gebring.

Foto’s van haar waarin jong kinders saam met haar afgeneem is, het sosiale media aan’t gons.

Inkopiegangers het foto’s geneem van die 20-jarige wie se broek so laag sit dat haar deurtrekker en agterstewe vir almal wat leef en beef sigbaar is.

In van die foto’s bied sy skaamteloos haar halfkaal sitvlak aan sodat jong seuns daaraan kan vat.

Sy het kort gelede die volgende op haar Facebook-blad geplaas nadat haar Tzaneen-foto’s ‘n storm ontketen het.

“I love children sorry parents. Stop showing your children my pictures on social media because when I pass they want us to take pictures with them. I will try to avoid them when they want pictures. Sorry parents.”

Oorspronklik vanaf Burgersfort in die Sekhukhune-distrik word sy as ‘n danser en musikant beskryf.

Op sommige Facebook-blaaie waar die foto’s gedeel word, word morele waardes in Suid-Afrika bevraagteken. Veral in ‘n land waar daar soveel geslagsgebaseerde geweld plaasvind, en jong kinders verkrag word.

Sy het aan die Tzaneen Voice gesê sy is in die area is om ‘n Podcast-episode op te neem.

Haar foto’s, wat vinnig op sosiale media versprei, ontlok gemengde reaksies . Sy het in ‘n onderhoud aan Daily Sun gesê sy hou daarvan om ‘n “mapona” te wees, maar dat sy nie ‘n “magosha” is nie.

Volgens haar verdien sy baie geld deur dans.

Wanneer jy Queen Minaj se Facebook-blad besoek, moet jy jouself staal vir die foto’s wat sy daar plaas: halfkaal agterstewe by diere, kaal agterstewe in ‘n bad, halfkaal agterstewe in die lug in die straat met haar verjaarsdag, skaamteloos op die verhoog op ‘n man se skoot tydens verjaarsdagvieringe, ens.

Fotokrediet Tzaneen Voice
Fotokrediet Queen Minaj Facebook-blad
Fotokrediet Queen Minaj Facebook-blad
Fotokrediet Queen Minaj Facebook-blad

FiND iT het Queen Minaj vir kommentaar oor haar foto’s op Tzaneen gevra.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel