Ma (56) verwag seun (32) se baba

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ma (56) is swanger met haar eie seun se baba omdat haar skoondogter nie kan swanger word nie.

Nancy Hauck, van St. George, Utah, het besluit om ‘n surrogaatma te wees vir haar seun, Jeff Hauck (32) en sy vrou Cambria (30).

Volgens Daily Mail het Cambria ‘n histerektomie gehad en kan daarom nie self haar kind dra nie.

Nancy het glo aanvanklik weens haar ouderdom nie gedink dit sou moontlik wees om ‘n surrugaatma vir haar kinders te wees nie.

“Ek het nooit gedink dat ek op 56 swanger sou wees of selfs gedink dit is moontlik nie, maar dis die mooiste mooiste ding.”

Die baba se verwagte geboortedatum is in November.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel