Bejaarde (68) dood in gru-aanval op plaas

Deel hierdie storie / Share this story

Die 68-jarige Frans Venter is Woensdag op sy plaas op Modderfontein doodgesteek.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê Venter was tuis saam met twee werkers, ‘n tuinier en ‘n huishulp toe vier mans eers die tuinier oorval het.

Hy het om hulp geroep, maar is met elektriese koorde vasgebind. Die huishulp is ook oorval en vasgebind.

Die verdagtes het Venter in die huis oorval, hom ernstig aangerand en doodgesteek.

Verskeie items is glo gesteel voor hulle te voet van die toneel gevlug het.

Boere van omliggende plase, sekuriteitsmaatskappye en die polisie het saamgespan om die twee verdagtes in hegtenis te neem.

Die eerste verdagte is deur ‘n sekuriteitsmaatskappy in hegtenis geneem en aan die polisie oorhandig en die tweede verdagte is ook deur die polisie opgemerk en in hegtenis geneem.

Die twee verdagtes, vermoedelik in hul laat 20’s, sal Vrydag in die landdroshof op Rustenberg verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel