Boer van Dundee van moordklag kwytgeskel

Deel hierdie storie / Share this story

Garth Simpson, ‘n bejaarde boer van Glencoe, Dundee, is deur die Nasionale Vervolgingsgesag vrygeskel van alle klagtes teen hom.

In September verlede jaar het Simpson beeste en ‘n groep mans op sy plaas gemerk. Hy het hulle genader en die polisie ontbied.

Hy het na wat beweer word ‘n waarskuwingskoot geskiet. Qiniso Dlamini (17) was deel van die groep en het probeer om Simpson se wapen af te neem. In die struweling is ‘n skoot afgevuur en Dlamini is noodlottig verwond.

Simpson is vir moord gearresteer.

Nadat hy aanvanklik op 21 Oktober 2022 borgtog geweier is, is hy op 1 Maart 2022 in die hooggeregshof in Pietermaritzburg op borg van R10 000 vrygelaat.

AfriForum het Simpson deurentyd bygestaan en ‘n appèlaansoek het gevolg.

Hy het Dinsdag as ‘n vry man uit die hof op Dundee gestap nadat die NVG die hof ingelig het dat hulle nie verdere vervolging teen Simpson verlang nie.

Bron: Afriforum

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel