Ecuadoriaanse owerhede vind liggaam van vermiste prokureur

Deel hierdie storie / Share this story

Die president van Ecuador het aangekondig dat die liggaam van ‘n vroulike prokureur, wat vermis geraak het na sy ‘n polisieopleidingskool besoek het, gevind is.

María Belén Bernal (34) is 10 dae gelede as vermis aangemeld nadat sy haar man gaan sien het by ‘n polisieopleidingskool in Quito.

Haar man is die hoofverdagte in haar moord en is glo op vlug.

Haar liggaam is 5 km van die opleidingskool af gevind.

Haar man het op vlug gegaan kort na hy ‘n verklaring vrygestel het oor sy vermiste vrou. Die hoof van die opledingskool is afgedank en die polisie word gekritiseer vir die manier waarop hulle die saak hanteer het.

Bronne: BBC, Briefly

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Nasionale stilstand kan lei tot werksverlies – Mashaba