Google betaal sekuriteitsingenieur er ongeluk ±R4.4 miljoen

Deel hierdie storie / Share this story

Google het glo per ongeluk vir ‘n “blogger” en sekuriteitsingenieur ‘n kwartmiljoen dollars (ongeveer R4.4 miljoen) betaal. Die man, Sam Curry, het hulle glo probeer kontak om hulle fout uit te wys, maar dis al byna ‘n maand en hy het nog niks van hulle gehoor nie.

Curry het op Twitter gesê Google het omtrent $249 999 in sy rekening betaal, iets wat hy nie verstaan nie, want hy het nie direk met hulle gewerk nie.

Curry werk met maatskappye soos Google om foute in hulle programme en webtuistes op te spoor. Hy het die geld veilig gehou. Google se woordvoerder het gesê hulle weet van die “menslike fout” en is besig om dit op te los.

Bronne: ECR, Twitter, Headtopics

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Adam Levine ontken verhouding met model