Khloe Kardashian en haar eks, Tristan Thompson, se tweede babatjie is deur middel van surrogaatskap in die tweede seisoen van The Kardashians gebore.
Die langverwagte episode het tonele uit die geboorte van haar babaseun, wat by die Cedars-Sinai-hospitaal plaasgevind het, bevat.
Die emosionele oomblik toe Khloe hom vir die eerste keer vasgehou het, is ook op die episode te sien.
Die oomblik was tog hartseer en Khloe het dit beskryf as ‘n gevoel van ‘n “donker wolk” wat oor haar gehang het. Sy het onlangs uitgevind Thompson het haar verkul en ‘n baba by ‘n ander vrou die wêreld in verwelkom.
Khloe het besluit haar ouer suster, Kim Kardashian, moet eerder saam met haar in die kraamsaal wees. Thompson is later genooi om die babatjie te ontmoet.
Khloe sê ten spyte van die hartseer omstandighede sien sy haar baba se geboorte as ‘n geleentheid om “amptelik daardie hoofstuk af te sluit”.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



