Valke waarsku teen ‘toordokters’ in Noord-Kaap

Deel hierdie storie / Share this story

Voorvalle van “toordokters” wat beweer dat hulle jou geld in duisende rande kan verander, is die afgelope paar weke in die Noord-Kaap gerapporteer.

Kapt. Tebogo Thebe, woordvoerder vir die Valke, sê verskeie sake is aangemeld van kriminele wat beweer dat hulle kan help om jou geld te vermeerder.

Die Valke waarsku inwoners om versigtig te wees vir dié tipe slenters.

“Die publiek word ook gewaarsku om versigtig te wees wanneer hulle aanlyn items koop,” sê kapt. Thebe.

“Die publiek moet waaksaam wees met hulle geld en as enigiemand val vir sulke swendelary, moet hulle weet dat hulle hul hardverdiende geld gaan verloor.”

Die Valke doen ook ‘n beroep op lede van die gemeenskap om sulke sake te rapporteer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel