TV-aanbieder raak aan die slaap na 14 ure se uitsending by Buckingham-paleis

Deel hierdie storie / Share this story

Die Australiese TV-aanbieder Allison Langdon het voor die kamera aan die slaap geraak na 14 ure se regstreekse uitsending vanaf Buckingham-paleis.

TV-aanbieders van regoor die wêreld was Maandag by die Buckingham-paleis om regstreekse uitsendings te doen.

Die 43-jarige Langdon kon egter nie meer haar oë oophou nie en het ‘n baadjie as kussing opgerol en op ‘n kollega se skoot aan die slaap geraak toe ‘n foto geneem is.

Langdon het vroeër die dag op sosiale media gesê hoe bevoorreg sy is om koningin Elizabeth se begrafnis te dek.

Sy het later op sosiale media ‘n grappie gemaak en die foto gedeel saam met die woorde: “Uur 14. Alles is oukei.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel