Vragmotorbestuurder deur vraghouer vergruis

Deel hierdie storie / Share this story

Die nooddienste, Netcare 911, is omstreeks 12:50 Maandagmiddag ontbied na ‘n botsing op die M7 / Hans Dettman-hoofweg in Moseley Park, Durban.

Volgens ‘n verklaring deur Netcare 911 het die bestuurder van die vragmotor glo beheer verloor op ’n nat afdraand, wat daartoe gelei het dat die vragmotor by die sleepstang knak of knipmes (jackknife).

Fotokrediet: Netcare 911

Die vraghouer op die sleepwa het geskuif, met die gevolg dat die houer op die kajuit beland en die bestuurder in die proses vergruis het.

Medici het op die toneel aangekom en ‘n volwasse man gevind wat in die voorste kajuit vasgekeer was. Hy het geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.

Reddingspanne moes reddingskake gebruik om die bestuurder uit die wrak te bevry.

Omstandighede wat tot die voorval gelei het, sal deur die betrokke owerhede ondersoek word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel