Professionele branderplankryer sterf na hy in water beroerte kry

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Professionele branderplank- en skaatsplankryer is Saterdag oorlede toe hy ‘n beroerte gekry het terwyl hy in Costa Rica branderplank gery het.

Kalani David was 24 jaar oud.

David het in beide sportsoorte baie goed presteer en het al wêreldwyd gekompeteer.

Hy het as branderplank- en skaatsplankryer grootgeword en het al op 14-jarige ouderdom aan kompetisies deelgeneem.

Hy het op 14 goud gewen by die 2012 ISA World Junior Surfing Championship in Panama.

Sy pa, David David, het die nuus van sy dood bekendgemaak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel