Beurtkrag ontwrig netwerke

Deel hierdie storie / Share this story

Vodacom en MTN is onder druk wanneer beurtkrag netwerkonderbrekings veroorsaak sodra dit selfoontorings tref.

Die twee operateurs het omtrent 70 miljoen kliënte tussen hulle.

Wanneer daar beurtkrag is, is daar ongereelde diens in sekere gebiede.

Vodacom het die afgelope twee jaar meer as R2 miljard aan batterye bestee. Die selfoonoperateur sê die doeltreffendheid van batterye verminder aansienlik sodra beurtkrag hoër as Fase 4 styg.

MTN sê hy het meer as 2 000 kragopwekkers ontplooi om die impak van hoër stadiums van beurtkrag teë te werk.

Bronne: eNCA, News24

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Polisie soek man wat kind (2) en pa in Kaapstad skiet