Polisie soek man wat kind (2) en pa in Kaapstad skiet

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Kaapstad is op soek na ‘n man wat ‘n 2-jarige seuntjie en sy pa in Ocean View geskiet het.

Volgens die provinsiale polisiewoordvoerder, AO Joseph Swartbooi ,word die moord en poging tot moord deur lede van die teen-bende-eenheid (AGU) ondersoek.

Hy het gesê die voorval het Vrydag 12 Augustus plaasgevind. Die pa het met sy seun geloop toe ‘n gewapende man hulle glo genader het en op hulle begin skiet het. Die pa is op die toneel dood verklaar en die seun is na die hospitaal geneem vir behandeling.

Niemand is nog gearresteer nie. Die motief vir die moord is onbekend.

Bronne: IOL, Ghanamma

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Iranse polisie sê dood van Mahsa Amini was ‘ongelukkig’