EFF waarsku oor ‘radikale stappe’ as Eskom-raad nie afgedank word nie

Deel hierdie storie / Share this story

Die EFF het Maandag gesê indien Eskom se hele raad nie onmiddellik waai nie, hy “radikale stappe” sal neem om te verseker dat die geskikte kandidate in beheer van die onderneming geplaas word.

Die EFF meen André de Ruyter en Jan Oberholzer is “nutteloos en onbevoeg”.

Die party meen die raad by Eskom is verantwoordelik vir die land wat in “donkerte gedompel is” met besighede en gemeenskappe wat daaronder ly.

Die EFF het in Februarie 2020 ‘n optog teen Eskom gelei met verskeie eise soos dat beurtkrag opgeskort moet word en dat werkers nie meer afgelê moet word nie.

Die party sê dat Eskom 30 dae gegee is om op die eise te reageer, maar dat die praktiese toepassing van die planne nie plaasgevind het nie.

Die EFF meen De Ruyter en Oberholzer is bloot op grond van hul velkleur aangestel, omdat hulle volgens die EFF nie oor die vermoë besit om komplekse stelsels te hanteer nie.

“Die regering moet De Ruyter en Oberholzer en die Eskom-raad dadelik afdank. En die EFF waarsku dat indien geskikte persone nie dadelik in beheer van Eskom geplaas word nie, sal ons radikale stappe moet neem.”