Die maand oue baba dra ontwerpersname soos Gucci, Versace, Dior, Tommy Ralph Lauren en ander groot name.
Hy is op 12 Augustus deur surrogasie gebore en heet Romeo Tarquin Drewitt-Barlow.
Kyk hier na die video van Romeo se geboorte-aankondiging:
https://www.instagram.com/reel/ChYgYL4jdIJ/?igshid=NjQxMzA2Mjk=
Sy ouers, Barrie Drewitt-Barlow (50) en sy verloofde Scott Hutchinson (27) van Tampa het besluit om hom ‘n voorsprong te gee en te behandel soos hul ander kinders en dus het die kleinding ‘n seiljag van miljoene ontvang.
Beide pa’s sê trots hulle het reeds elke ontwerpers-item waarvan enigeen kan droom, vir klein Romeo gekoop.
Drewitt-Barlow en sy gewese man, Tony Drewitt-Barlow, was in 1999 Britanje se eerste gay pa’s.
Wat verwag jy nou van ouers wat nie weet wat om vir Valentina, hul dogterjie se eerste verjaarsdag te koop nie en dan vir haar ‘n luukse woonstel gee?
Kyk hier na die video van Valentina se eerste verjaarsdag:
Bronne: Don Barrie Instagram, The Sun, Magnate
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



