Koningin Elizabeth skryf vir 70 jaar aan penmaat met dieselfde geboortedatum

Deel hierdie storie / Share this story

Vir die afgelope 70 jaar het koningin Elizabeth vir ‘n vrou wat sy nog nooit persoonlik ontmoet het nie, briewe geskryf.

KFYR berig Adele Hankey (96) van North Dakota, het ‘n verjaardag met koningin Elizabeth gedeel.

Hankey het die eerste brief vir die jong koningin in 1953 gestuur kort na sy gekroon is. Sedertdien het die koningin elke jaar vir Hankey ‘n handgeskrewe brief vir haar verjaarsdag gestuur.

“Ek kon uit my skoene spring,” vertel Hankey aan KFYR. “Ek het haar vir ‘n hoed gevra, ek het gehoop sy sou een vir my stuur. Maar sy het ‘n lieflike foto op haar verjaardag gestuur.”

Hankey sê sy en koningin Elizabeth het mekaar nooit ontmoet nie, maar het ‘n liefde vir kook gedeel.

“Die resepte waarvan sy gehou het, was vir marmelade. En ek ook!”

Hankey sê sy gaan die kommunikasie tussen haar en koningin Elizabeth mis. “Jy mis nogal jou penmaats.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel