Kondensmelk-suurlemoentert

Deel hierdie storie / Share this story

Probeer gerus die maklike resep vir kondensmelk-suurlemoentert.

Maak dik vla:

3 k melk
1 e suiker 
2 e vlapoeier
Laat koel af.

Meng:

1 blikkie kondensmelk 
¼ k suurlemoensap, bietjie meer as jy van suurder hou
Pak Tennis-koekies onder in ‘n medium tertbak. 
Skep helfte van kondensmelk bo-op koekies, dan helfte van die vla. 
Pak weer ‘n laag koekies en herhaal met kondensmelk en laaste vla. 
Druk orige koekies fyn en strooi bo-oor. 
Plaas in yskas tot bedien.

Bron: Radio Namakwaland
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel