Twaalf skoolkinders is beseer toe ‘n minibustaxi kort voor 15:00 Vrydagmiddag op die N2 teen ‘n ander voertuig gebots het.
Emer-G-Med-paramedici sê die twaalf beseerde kinders is op die toneel op die N2 naby die ou Durban-lughawe vir hul beserings behandel.
Die kinders, en ook een volwassene wat beseer is, is na hospitale vir verdere behandeling geneem.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



