Dit blyk asof hierdie dief se vaardighede hom in die steek gelaat het.
Buurtwaglede van AfriForum het Woensdagaand gehelp om dié dief vas te trek.
Hulle het hom gekry waar sy vingers onder ‘n mangatdeksel vassit.

Op heterdaad betrap, was hy duidelik in nood.
Dit het gekeer dat hy nie kon vlug nie en hy was aan die genade van buurtwaglede oorgelaat om uit sy benarde posisie te kom.
Hy is deur die buurtwag aan die polisie oorhandig.

Bron: AfriForum Facebook-blad
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



