Polisie se vinnige optrede keer dwelmaflewering

Deel hierdie storie / Share this story

Durbanville-polisie se teenmisdaadeenheid het Donderdag flink en vinnig opgetree om ‘n dwelmaflewering te keer.

Ndakhe Gwala, polisiewoordvoerder, sê lede van die eenheid het omstreeks 22:40 Donderdagaand inligting ontvang oor ‘n voertuig wat in Klipheuwelstraat dwelms vervoer.

Die polisie het dadelik na die toneel gejaag en die voertuig daar gewaar.

Die voertuig is deursoek en kokaïen ter waarde van R90 000 is in die voertuig gevind.

Die 26-jarige verdagte is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Belville-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel