Twee vermeende onwettige myners is na bewering op heterdaad by Bergeneck Village buite Polokwane betrap.
Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê die polisie het inligting ontvang oor onwettige mynaktiwiteite en het gaan ondersoek instel.
Twee verdagtes is glo op die toneel betrap en het probeer weghardloop en hulle myngereedskap agtergelaat.
Die twee verdagtes van onderskeidelik 20 en 32 jaar oud is in hegtenis geneem. Hulle sal na verwagting binnekort in die Polokwane-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



