‘n 16-jarige meisie is glo verkrag terwyl sy Maandagoggend na haar skool in Bellville toe gestap het.
Die Bellville-Suid se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het die verkragting op Facebook bevestig.
“Die skoolmeisie was op pad skool toe toe sy deur ’n manlike verdagte genader is,” lui ’n plasing deur die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum. “Hy het haar na bewering met ’n mes gedreig en na ’n afgeleë plek geneem.”
Die GPF in die gemeenskap het lede van die gemeenskap versoek om hulle daarvan te weerhou om verkeerde inligting te deel wat ’n moontlike negatiewe impak op die saak kan hê.
“Ons gedagtes en gebede is by die slagoffer en haar familie, en ons bid vir ’n spoedige herstel.”
Die GPF moedig enigiemand met inligting, leidrade en wenke aan om die ondersoekbeampte, speurder Sukaze, by 082 351 4727 te kontak.
Volgens ‘n verklaring deur die polisie in die Wes-Kaap word ’n saak van verkragting ondersoek.




