Roger Federer kondig sy uittrede aan

Deel hierdie storie / Share this story

Die tennislegende Roger Federer (41) het Donderdag sy uittrede aangekondig.

Federer, wat in Augustus 41 jaar oud geword het, het sedert verlede jaar se Wimbledon nog nie weer tennis gespeel nie weens ‘n knie-operasie.

Federer het sedert Februarie 2020 drie knie-operasies ondergaan. Hy sê dis tyd om na sy liggaam te luister, en daarom voel hy om uit te tree, is die regte besluit.

“Aan my tennisfamilie en verder, van al die geskenke wat tennis my oor die jare heen gegee het, is die beste sonder twyfel die mense wat ek langs die pad ontmoet het. My vriende, my teenstanders, en die ondersteuners wat die sport sy lewe gee.”

Federer sal volgende week vir die laaste keer aan die Laver Cup in Londen deelneem.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel