‘n Ma van New York is die hoofverdagte in die moord op haar drie kinders. Polisie vermoed dat sy ‘n ineenstorting as deel van nageboortedepressie gehad het.
Die 30-jarige Erin Merdy word deur drie moordklagtes in die gesig gestaar, sê die New York-polisie.
Merdy is tans in ‘n hospitaal opgeneem vir psigiatriese evaluasie.
Haar drie kinders – ‘n sewejarige seun, ‘n vierjarige dogtertjie en ‘n dogtertjie van drie maande oud – het verdrink.
Bekommerde familielede en polisie het Merdy, kaalvoet, alleen en deurdrenk op die Coney Island-promenade gevind ná sy familielede gebel het en gedreig het om haar kinders skade aan te doen.
Die kinders is Maandagoggend om 04:42 leweloos in die water langs die Coney Island-brug gevind, ongeveer 3,2 km van waar Merdy gevind is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



