KYK: Ma praat oor video van seun wat ‘huis verwoes’

Deel hierdie storie / Share this story

Die ma van ‘n vyftienjarige seun wat totale verwoesting in sy ouerhuis gesaai het, het die stilte verbreek na ‘n video van die verwoeste huis op sosiale media gedeel is.

Die video word wyd versprei. In die video huil ‘n vrou terwyl sy deur die huis loop. Stukkende spieëls, stukkende tafels en toonbanke, elektroniese toestelle en gebreekte kaste met die inhoud daarvan in die kamer rondgegooi en nog chaos is in die video sigbaar.

Aanvanklike gerugte was dat die seun 12 jaar oud was en die huis uit woede verwoes het ná sy ma sy selfoon afgevat het.

Die ma het egter op sosiale media gesê ‘n vriendin van haar het die video geneem. Sy het nie verwag dat die video op sosiale media gedeel sou word nie, maar ná dit uitgekom het, het sy besluit om daaroor te praat.

Sy sê haar seun is 15 jaar oud, verstandelik gestrem, 1,88 m lank en weeg 122 kg en dat sy hom daarom nie kan keer wanneer hy ‘n uitbarsting kry nie.

Kyk hier na die video.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel