Charles en Camilla se ‘liefdeskind’ win glo nuwe inligting in

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man van Queensland beweer reeds vir jare dat hy koning Charles en Camilla se liefdeskind is.

Nou het Simon Dorante-Day nuwe inligting oor die DNA-toetse wat hy wil laat doen, bekendgemaak.

Die 56-jarige Dorante-Day sê hy is ná die dood van koningin Elizabeth oorval met oproepe van mediahuise.

Die nuwe verwikkelinge in die saak is dat Dorante-Day die wetlike aspekte met senior regsfigure bespreek om regsaksie teen koning Charles te neem.

“Daar was ‘n bespreking tussen my en ‘n regter oor Charles se wetlike posisie in die saak en of die monarg deur die wet beskerm word,” het hy aan NEWS7 gesê.

“En die antwoord was nee. En Camilla en haar familie is ook nie bo die wet verhewe nie.”