Man skiet twee aanvallers dood op kleinhoewe

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Mpumalanga ondersoek nou ‘n saak na twee verdagtes Woensdagoggend vroeg op ‘n kleinhoewe doodgeskiet is.

Kol. Donald Mdhluli het aan FiND iT bevestig die twee verdagtes het omstreeks 00:50 by die huis in Sundra Mpumalanga ingebreek.

Volgens die eienaar van die kleinhoewe is hy deur sy huis se alarm in kennis gestel dat daar beweging in die huis is. Toe hy gaan ondersoek instel, het hy glo op die twee verdagtes in die huis afgekom.

Die twee verdagtes het die eienaar glo met messe aangeval waarna hy sy gelisensieerde vuurwapen gebruik het en hulle geskiet het.

Hulle is later op die toneel dood verklaar.

Die polisie het ook twee messe op die toneel gevind.

Die polisieondersoek duur voort.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel