Twee verdagtes is in hegtenis geneem vir die vermeende moord op ‘n 23-jarige student van Pretoria.
Lt.kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê die polisie het vinnig opgetree na die moord op Thapelo Menwe.
Menwe is Saterdagoggend omstreeks 02:00 deur ‘n verdagte voorgekeer, wat hom doodgeskiet het en sy besittings gesteel het.
Die polisie het die voertuig wat by die moordtoneel was, later tydens patrollie opgemerk en deursoek. Die slagoffer se besittings en ‘n ongelisensieerde vuurwapen is gekonfiskeer.
Die twee verdagtes is in hegtenis geneem en sal na verwagting in die hof verskyn.



