‘n Vierjarige meisie is Maandagoggend deur ‘n elektriese heining doodgeskok.
Kapt. Andrè Beetge, polisiewoordvoerder, sê die meisie is doodgeskok toe sy aan ‘n heining by ‘n huis in Motherwell, Gqeberha geraak het.
Die huis het na bewering ‘n onwettige elektrisiteitskonneksie gehad.
Die polisie ondersoek die voorval.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



