Probeer gerus hierdie heerlike avokado-neut-en-spekslaai.
Bestanddele:
250 g spek, in stukke gesny
1 pak gemengde slaaiblare
6 sprietuie, gekap
1 avokado, in blokkies gesny
125 ml (½ k) pekanneute, grof gekap
3 gekookte eiers, in skywe gesny
sap van 1 suurlemoen
sout en peper
Metode:
Braai die spekvleis in ’n pan tot dit lekker krakerig is.
Sit die slaaiblare, spekvleis en sprietuie in ’n groot slaaibak en meng.
Voeg die avokado, neute en eiers by. Geur met die suurlemoensap, sout en peper.
Sit voor met croutons.
Bron: Huisgenoot Resepte
Plasing: Henriette Wessels / WATERTANE RESEPTE VIR OUD EN JONK



