Emer-G-med het op Facebook berig die liggame van vier mans is glo op die N1- nasionale hoofweg, net na die R41-brug, naby Maraisburg, gevind.
Tydens ‘n verdere ondersoek is nóg twee mense se liggame gevind.
Die slagoffers is glo geskiet, met skerp voorwerpe gesteek en met klippe doodgegooi.
“Vier mans is met noodlottige skietwonde gevind en is met paramedici se aankoms dood verklaar,” sê die nooddienste.
Die feite oor die voorval en die gebeure wat dit voorafgegaan het, is onduidelik.
Die Suid-Afrikaanse Polisiedienste is teenwoordig en is besig met die nodige ondersoek.



