Sebastian Santino De Allende het ‘n foto van ‘n koopstrokie vir brandstofaankope wat sosiale media aan’t gons het, intussen verwyder.
Maar nie voordat dit reeds gedeel was nie.
Wie het ooit kon dink dat so ‘n groot bedrag deur ‘n kaarttransaksie uit jou rekening verhaal kan word?
Die foto van die strokie het ‘n onderskrif waarin verduidelik word dat De Allende op 8 September brandstof by ‘n Engen-garage in Muizenberg, Wes-Kaap, ingegooi het.

In plaas daarvan om slegs R1 200 te betaal, is ‘n enorme bedrag van R120 020.14 van sy rekening verhaal.
Volgens die strokie is dit 5 280.25 liter se brandstof.
Hy het 19 ure gelede ‘n plasing op sy Facebook-blad gemaak en dankie gesê vir die deel van die plasing en bevestig Engen het sy geld terugbetaal. Hy het verder verduidelik hy het die plasing verwyder omdat hy elke vyf sekondes versoeke om ‘n Facebook-vriend te wees, ontvang het!
Sebastian Santino De Allende
“Engen SA I expect better, my full tank of petrol was R1200. Your cashier took R120 020.14 from my account instead. This happened at the Muizenberg garage on Thursday the 8th. The money is still not in my account and I’ve received no calls or emails about this. I have been trying to contact you privately but I cannot find any way. Fix this before I take action.”
Hy het later die volgende op sy Facebook-blad geplaas:
“Thank you to everyone for sharing the post about Engen. It got their attention and they immediately returned the money. I did delete the post because people were going crazy and I was getting friend requests every 5 secondes, it went WAY to viral but thank you, All sorted now.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



