‘n Vrou is ernstig gewond nadat sy Maandagaand op die N2 by Spaghetti Junction geskiet is.
Medi Response het gesê die vrou het alleen gery het toe sy klippe sien wat die pad blokkeer. Toe sy stilhou om te kyk wat aangaan, het twee mense glo na haar motor gestap en op haar begin skiet.
‘n Sekuriteitsbeampte wat nie aan diens was nie, het daar aangekom en haar gehelp. Hy het een van die verdagtes gevang, die slagoffer gehelp en gewag vir die mediese dienste en polisie om op te daag.
Die vrou is in ‘n stabiele toestand in die hospitaal.
Bronne: IOL, African News Agency, ECR
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Ontbindende liggaam met krokodilbyte in Tugelarivier gevind



