Vrou (35) sedert Vrydag vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie doen ‘n beroep op die gemeenskap om te help om ‘n vermiste 35-jarige vrou van Burgersfort op te spoor.

Die polisie sê Makokong Connie Sekhukhune (35) is Vrydagmiddag om 14:00 laas deur haar kollegas gesien toe sy ‘n vergadering bygewoon het.

Enigiemand met inligting kan die polisie by 082 505 7838 bel.