Prins William gekritiseer oor gebrek aan ‘ridderlikheid’

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Video wat op sosiale media voorkom, het veroorsaak dat prins William gekritiseer word vir sy oënskynlike gebrek aan ridderlikheid (chivalry) – om soos ‘n ware heer op te tree – terwyl prins Harry ‘n gentleman – ‘n beskaafde, eerbare, opgevoede man – genoem word.

In die video kan mens sien hoe prins Harry saam met Meghan Markle na ‘n motor loop en vir haar die deur oopmaak en toemaak en waar sy vir hom sê dankie terwyl prins William en Kate apart na die motor toe loop.

Prins William het ook nie vir Kate die deur oopgemaak nie en sy het self ingeklim.

Sosialemediagebruikers was gaande oor die feit dat Harry vir Meghan die deur oopgemaak het en het gesê William tree op soos sy pa teenoor Diana opgetree het.

Bronne: IOL, Fox News, Twitter

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Man wat op prins Andrew skree, gearresteer