Man wat op prins Andrew skree, gearresteer

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Begrafnisstoet vir koningin Elizabeth II is ontwrig deur ‘n man wat op prins Andrew geskree het.

Koningin Elizabeth se kinders het Maandag langs die Royal Mile in Edinburgh agter die lykswa met die oorskot van hul ontslape ma geloop toe ‘n lid van die skare besluit het om sy opinie oor prins Andrew duidelik te maak.

‘n Man het vir prins Andrew geskree: “Andrew, jy is ‘n siek ou man!” Iemand in die skare het die man aan die kappie van sy baadjie teruggeruk. Hy is ook deur mense in die skare en ‘n polisieman getakel.

‘n Man in sy woonstel wat uitgekyk het op die begrafnisstoet het geskree: “God red die Koning” en ander in die skare het dit ook geskree om die moeilikheidmaker se mening te neutraliseer.

Hy is deur die polisie weggelei en het glo geskree dat hy niks verkeerd gedoen het nie en “Disgusting!

Die man is gearresteer en ‘n Skotse polisie-woordvoerder het aan Insider gesê: “‘n 22-jarige man is gearresteer in verband met ‘n skending van die vrede op die Royal Mile”.

Bronne: South China Morning Post, Mail Online                                 

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Nigeriese professor in moeilikheid na opmerking oor koningin Elizabeth