Lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) is na ’n informele gebied in Canelands, KwaZulu-Natal deur ’n inwoner wat bystand versoek het vir ‘n kind wat ’n week gelede deur sy ma in die steek gelaat is, uitgeroep.
Rusa-lede het Maandag om 13:17 op die toneel aangekom en ’n man gevind wat verduidelik het dat hy Saterdag ’n minderjarige kind opgespoor het wat in ’n openbare toilet slaap.
Inwoners in die area het hom meegedeel dat die kind se ma die area besoek, maar hulle kon nie bevestig waar sy woon nie.
Ander inwoners het Reaksiebeamptes ingelig dat die kind verlede sedert Maandag verlate is nadat sy ma hulle ingelig het dat sy na Ndwedwe gaan om haar kêrel te ontmoet.
Die seuntjie is na raming drie of vier jaar oud. Die gemeenskap het die kind versorg tydens hul soektog na sy ma. Hulle het Rusa gekontak vir bystand nadat hulle nie daarin kon slaag om haar op te spoor nie.
Die kind kon geen besonderhede oor sy familie verskaf nie.
Hy is na die Verulam Child & Family Welfare Society geneem en word tans deur ’n maatskaplike werker ondervra.



