Tiener steeds vermis na ‘n week

Deel hierdie storie / Share this story

Die vermiste tiener, Riya Haniff (17) van Phoenix in KwaZulu-Natal, word sedert Saterdag 7 September vermis.

Haniff se ma, Riya, het glo Woensdag 7 September ‘n oproep van haar dogter ontvang wat sê sy wil nie gevind word nie, maar haar ma glo sy is gedwing om die oproep te maak.

Die oproep was van ‘n privaat nommer gemaak.

Die reaksie-eenheid Rusa is ingeroep om Haniff, wat laas om 14:05 die dag kaalvoet, en geklee in pienk slaapklere, gesien is, te help opspoor.

Volgens Rusa se Fcebook-blad is Haniff kort en skraal gebou, met blonde strepe in haar hare.

Sy het ook twee klein geboortemerke op haar linkerwang en ‘n neusring.

Haniff ontvang tuisonderrig, maar was voorheen ‘n leerder by Lenarea Sekondêre Skool Lenarea in Lenhamrylaan, Phoenix.

Haniff is as ‘n vermiste persoon aangegee

Indien jy enige inligting het oor waar Riya Haniff is, skakel asseblief Reaction Unit SA by 0861234333 of Prem Balram (RUSA) by 0721706100.