Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) het bevestig nog ‘n persoon is oorlede nadat die Johnson & Johnson Covid-entstof ontvang is.
Die person is oorlede van Guillain-Barré-sindroom (GBS), ‘n seldsame neurologiese nagevolg van sekere entstowwe en medisyne
Simptome wissel van lig tot ernstig, en kan spierswakheid, spierpyn, gevoelloosheid en tinteling (tingling) insluit.
Die eerstre sterfte na die toediening van die entstof is in Augustus aangemeld en is ook aan die Johnson & Johnson-entstof gekoppel.
Bronne: IOL, EWN
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Karl Bremer-pasiënt sterf na aanval deur ander pasiënt



