‘n Nigeriese professor van Pennsylvanië het woede ontketen na sy in ‘n twiet gesê het sy hoop koningin Elizabeth se dood is pynlik.
In die twiet, wat intussen verwyder is, het Uju Anya geskryf: “Ek het gehoor die hoofmonarg van die diewe wat volksmoord en verkragting pleeg, is uiteindelik besig om te sterf. Mag haar pyn ondraaglik wees.”
Baie mense was woedend oor die twiet en selfs Jeff Bezos het ingespring om haar te kritiseer. Hy het verwys na die feit dat sy ‘n professor, wat veronderstel is om die wêreld ‘n beter plek te maak, is.
Anya het op die kritiek gereageer met beledigings in Igbo en Engels.
Bronne: Within Nigeria, NY Post
Lees ook: Harry en Meghan se kinders word prins Archie en prinses Lilibet van Sussex



