Harry en Meghan se kinders word prins Archie en prinses Lilibet van Sussex

Deel hierdie storie / Share this story

Die dood van koningin Elizabeth beteken dat Archie Mountbatten Windsor en Lilibet “Lili” Mountbatten-Windsor nou die titel van prins en prinses mag gebruik.

Volgens Meghan se veelbesproke onderhoud vroeër met Oprah Winfrey is die titel van “prins” nie aan Archie by geboorte gegee nie, as gevolg van sy velkleur. Sy het vertel hulle is gesê Archie sal nie polisiebeskerming kry nie, omdat hy nie ‘n titel het nie nie. Meghan het geglo dit is oor sy velkleur.

Sy en Harry het in die onderhoud gesê hulle het verwag dat Archie die titel van “prins” sou kry wanneer Charles koning word, maar is ingelig dat dit nie sal gebeur nie,.

Kragtens ‘n wet wat koning George V in 1917 ingestel het, het die kinders en kleinkinders van ‘n monarg die outomatiese reg op die titel HRH en prins of prinses. Dit bly egter steeds die ouers se besluit of hulle van die titels vir hulle kinders gebruik wil maak.

Toe Archie gebore is, was hy die agterkleinkind van ‘n monarg, nie ‘n kleinkind nie. Om te verhoed dat hy ‘n prins word, sou die monarg ‘n briewepatent moes uitreik wat Archie se reg om ‘n prins te wees en Lili se reg om ‘n prinses te wees, wysig.

Koning George V se verklaring het beteken dat slegs prins George, seun van prins William, as ‘n agterkleinseun van die monarg oorspronklik geregtig was om ‘n prins te wees, aangesien hy die oudste seun van die oudste seun van die prins van Wallis is.

Bronne: The Guardian, CNN, CBS News

Lees ook: Meghan Markle beweer Britse media noem haar kinders die n-woord

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel. Adverteer by FiND iT.