Meghan Markle beweer Britse media noem haar kinders die n-woord

Deel hierdie storie / Share this story

In ‘n onlangse onderhoud het Meghan Markle beweer dat sy nie foto’s van haar kinders deel met die Britse media nie, omdat hulle haar kinders die n-woord genoem het.

Sy het verduidelik dat sy veronderstel was om Archie se foto vry te stel aan die media toe hy gebore is, maar sy het geweier. Sy het gesê dit maak nie sin om die foto aan mense te gee wat hom die n-woord noem voor sy dit vir mense wat lief is vir hom, kan stuur nie.

Meghan Markle het in haar en Harry se onderhoud met Oprah gesê dat sy geboelie is op sosiale media en dit is waarom hulle dit nie meer gebruik nie. Sy het egter onlangs gesê sy gaan dalk terugkeer na Instagram.

Bronne: Bol News, Pinkvilla

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Meghan Markle ‘beledig’ Suid-Afrikaners