Man bedrieg glo polisie-hoë uit R3.3 m.

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Beskuldigde wat glo ‘n senior bestuurder van die SAPD uit R3.3 miljoen gekul het deur ‘n “dating scam“, is Woensdag 24 Augustus deur die Valke se eenheid vir ernstige kommersiële misdaadondersoek in George in die Wes-Kaap gearresteer.

Zinzi Hani, woordvoerder vir die Valke in die Wes-Kaap sê ‘n lasbrief vir arrestasie vir klagtes van bedrog en geldwassery is teen die beskuldigde uitgereik.

Die 55-jarige man is vir hierdie saak gearresteer terwyl hy vir ‘n soortgelyke saak in die Bellville-distrikshof verskyn het.

Daar word beweer hy het voorgegee het om ‘n siviele ingenieur van Oslo te wees, en het aanhoudend geld van sy slagoffer geleen. Hy het glo aan sy slagoffer gesê sy besigheid en persoonlike lewe ervaar moeilikhede.

Die slagoffer in hierdie saak het ‘n totale bedrag van R3.3 miljoen verloor.

Hy het Vrydag 26 Augustus in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn op klagtes van bedrog en geldwassery.

Hy bly in aanhouding tot 2 September 2022 waarna hy vir ‘n borg-aansoek sal verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel