‘n Video van ‘n 10-jarige seun wat sy ma uit die gesin se swembad red na sy byna verdrink het, word wyd op sosiale media versprei.
Die 10-jarige seun, Gavin Keeney, duik in die water om sy ma te red terwyl sy ‘n epileptiese aanval in die gesin se swembad gekry het.
Gavin se ma, Lori Keeney, het aan Good Morning America vertel hulle het op ‘n rustige oggend besluit om te swem. Sy vertel Gavin het net uit die swembad geklim toe sy ‘n aanval in die water kry. Gavin was glo op die agterstoep toe hy die water hoor spat het en gesien het hoe sy ma “besig was om te sink”.
Sonder om te aarsel het Gavin in die swembad gespring en sy ma na die trappies gedra terwyl hy haar kop bo die water gehou het.
Gavin, wat later ‘n toekenning van die Kingston-polisie ontvang het, sê dit het hom “bietjie bang gemaak”.
“Hy is beslis my held,” het Lori gesê.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



