‘n Verdagte wat op 25 Augustus in die aanhoudingselle by die Emakhazeni-hof ontsnap het, is Maandag weer in hegtenis geneem.
Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê die 29-jarige Karabo Chiloane moes op 25 Augustus in die hof verskyn na hy in November 2020 in verband met ‘n moord in hegtenis geneem is.
Hy het by die hof uit die aanhoudingselle ontsnap en die polisie het sedertdien na hom gesoek.
Hy het glo by huise in Acornhoek weggekruip toe die polisie hom vasgetrek het.
Hy sal binnekort weer in die hof verskyn, nou op ‘n aanklag van ontsnapping ook.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



